
PASSIE
ONS DRYFVEER
Passie vir Jesus. Passie vir mense. Passie vir Sy Kerk. Passie dryf ons. Alles wat ons doen, doen ons met passie.
Waar ookal, wanneer ookal en wat ookal ons doen, doen ons met Heilige Gees energie.

EER
ONS ROEPING
Eer aan God is ons hoogste roeping daarom gee ons eer en erkenning aan mense. Ons onderwerp aan leierskap en is dankbaar vir geestelike gesag.
Ons kies om met blydskap diegene te dien wat God oor ons geplaas het. Ons gee om en eer diegene wat God onder ons geplaas het.

UITNEMENDHEID
ONS STREWE
Ons gaan altyd die beste doen met wat ons het, en na die beste van ons vermoë.
Ons is betyds, altyd met die regte goed besig en voorbereid. Ons doen nie dinge halfpad nie.

VRYGEWIGHEID
ONS EER
Vrygewigheid gaan oor om meer te gee as wat nodig is. Dit bly altyd n voorreg.
Ons is vrygewig met ons hulpbronne. God seën ons om ’n seën te wees.