Daar is vir ons baie min dinge so spesiaal soos om met musiek ons Vader te kan aanbid…

Dit is waarlik ons voorreg om saam as gelowiges God se naam te loof en prys.

Ons Aanbidding en Tegniese spanne werk hard saam om ‘n belewenis te fasiliteer wat vir almal kan help om saam te aanbid, by die kerk of tans, by die huis.