Pastoor Joshua Pieterse

Joshua Pieterse is vanaf 2015 deel van Nuwe Lewe se voltydse span. Hy het begin as die jeugwerker van die gemeente en ’n ware seun van die huis geword.

Hy het sy Bachelors (B.Th.) in Teologie voltooi deur SATS en in tans besig met sy Honeurs graad in Praktiese Teologie.

Sy hart is om te sien hoe mense toegerus word vir effektiewe bediening, binne en buite die kerkmure. Hy is passievol daaroor dat die boodskap van die kruis lewens verander.

Joshua is verantwoordelik vir die versorging van die ouderdomsgroep 19-35 jaar. Bied Pols! (Jong volwassenes) aan. Hy is ook verantwoordelik vir die gemeente se Woordskool.

Sou u verlang om met Pastoor Joshua ‘n afspraak te skeduleer of ‘n besoek sou verlang, is u welkom om van die kalendar opsies op die blad gebruik te maak en beskikbare datums en tye te sien om besprekings te bekom.

Indien jy ‘n besoek verlang of gekontak wil word, kontak hom gerus op joshua@nuwelewe.org.za of kontak ons per whatsapp