Pastoor Evan & Talitha Rautenbach

Evan & Talitha Rautenbach vorm deel van die voltydse Pastoor span van Nuwe Lewe Klerksdorp. Hulle het die span aangesluit in Julie 2022.

Evan is al vir ongeveer 15 jaar voltyds in die bediening met ‘n breë veld van ondervinding. Hy het sy Bachelors in Teologie, asook sy Christelike Berading kursus voltooi deur SATS en is ‘n AGS geordende Pastoor. Hy is ook ‘n akrediteerde MBTI en StrengthsFinder Lifecoach. Hy het ‘n passie om mense te ontwikkel en hul ware self te vind. Hy het ‘n liefde vir die Heilige Gees en ‘n passie vir aanbidding.

Evan & Talitha is in 2014 getroud en het 2 seuns, Brian & Jayden, met hulle dogtertjie Mijette wat in April 2023 gebore sal word.

Talitha is vanaf 2014 voltyds saam met Evan in die bediening en het ‘n passie om jong mamma’s en vroue te help hul ware indentiteit in Christus te vind. 

Evan & Talitha is verantwoordelik vir ons versorging vir die ouderdomsgroep 35 – 55 jaar. Indien jy ‘n besoek verlang of gekontak wil word, kontak hom gerus op evan@nuwelewe.org.za of kontak ons per whatsapp 

Indien u ‘n afspraak of besoek wil skeduleer, is u welkom om op die skakel te klik om na Pastoor Evan se bespreking / besoek skeduleerder te gaan

Kliek hier

 

Pastoor Evan & Talitha Rautenbach