Impak verteenwoordig God se koningkry en Nuwe Lewe se waardes buite die mure van ons gemeente !

Ons glo in ‘n Handeline 1:8 benadering tot wêreldevangelisasie wat spreek van ‘n bediening in Jerusalem EN Judea EN Samaria EN die uithoeke van die wêreld gelyktydig . Hoe lyk die verskilende bedieninge by Nuwe Lewe op die stadium?

Jerusalem. In ons dorp neem ons hande met Mosterdsaad om die gemeenskap te dien en uit te help in hul tyd van nood. Daar is ook induvidee wat uitbeweeg vir hospitaalbesoeke en uitdeel van koffie, sop en broodjies!

Judea – Alabama en Jakaranda kinder bediening
Ons kom elke Woensdagmiddag by Alabama bymekaar vir ‘n uur en ‘n half se bedieningstyd . Daar is ongeveer 200 kids wat ons geestelik en fisies voed met die Woord en goeie kos! Ons is al oor die 10 jaar in die gemeenskap betrokke en vele is al deur die uitreikspan se hande. Ons het ALTYD nog hande nodig!!!!

Jakaranda se bediening lyk baie dieselfde as Alabama sin maar is baie meer primitief. Ons het die voorreg om by Alabama by een van die gemeentes ons samekomste te hou terwyl ons by Jakaranda van die gemeenskapsaal gebruik maak wat niks anders is as ‘n ou plaasstoor sonder krag en water nie! (Voel soos Afrika sending)
Ons is die laaste jaar betrokke by Jakaranda en die Here was so goed vir ons ons getalle het gespring van so 30 kinders na 130!!!
Beide gemeenskappe het baie behoeftes, van fisies na geestelik na sosiaal
Waarvoor ek en die uitreik spanne vertrou is dat die saad wat gesaai word nie ledig sal terugkeer nie!

Samaria – Regoor Suid-Afrika ondersteun ons talle sendelinge by ‘n verskeidenheid van organisasies soos Incontext, Harversters, Jesus Film, en selfs die wat nie deel is van ‘n organisasie nie. SA is hul tuiste waarvandaan hul dan uitbeweeg en die wêreld impakteer

Uithoeke – Ons ondersteun ook talle inheemse sendelinge veral in China en Indië asook buitelandse sendelinge wat in Lebanon, Indië en Pakistan werksaam is

God se koninkryk is groot geliefdes en Hy nooi on suit om deel van dit te wees!
Ek besef die oorsig is maar net ‘n klein blik op wat eindlik besig is om te gebeur maar graag nooi ek jou as jy enige vra het om ons gerus te kontak!

Onthou, ons is geseënd om ‘n seën vir ander daar buite te wees!

Groete Die Impakspan

 

Sluit aan by NL SENDING Facebook Blad

WhatsApp Past George hier