IMPAK is Nuwe Lewe buite die mure van Nuwe Lewe.
Jesus is werklik ons boodskap en Mense ons hart!

Ons is betrokke in Klerksdorp gemeenskap waar ons hande vat met The Silent Scream. Ons het weeklikse uitreike na hospitale en ouetehuise.

Ons is ook elke Woensdag betrokke in Alabama waar ons vir ongeveer 120 kinders geestelik en fisies voed. IMPAK ondersteun verskeie Suid-Afrikaanse sendelinge.

Ons is ook in die buiteland betrokke, nl. China, Indiƫ, Egipte en Siriƫ.

Dankie aan elkeen wat reeds deel is van ons IMPAK Span!

Ons daag JOU uit om Sy hande en voete buite die mure van Nuwe Lewe te wees!

Pastoor George en die IMPAK Span